Ons het drie feesgeleenthede per Sondag
Eerste diens: 08:15
Tweede diens: 10:15
Aand diens: 18:00
Tydens ons oggenddienste is daar bediening vir kinders van 2jaar tot Gr. 9
tel: (011) 391 2621 faks: (011) 391 2630 of 0860 508 2910 e-pos:
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
adres: Fiskaalstr. 32, Glen Marais, Kempton Park, 1619
Bankbesonderhede:
AGS Kaleideo
FNB Tjekrekeningnommer: 511 8000 4355
Takkode: 205-609
Ons kantoorure is daagliks van 08:00 tot 16:00. Kontak ons gerus indien jy enige hulp of bystand nodig het.
Ons glo dat ons uiteindelike doel is om dissipels van Jesus Christus te word sodat ons sy hande en voete in ons samelewing kan wees. Daarom wil ons jou aanmoedig, toerus en leer om 'n dissipel van Jesus te wees. Kaleideo glo dat 'n dissipel 1. Lief is vir God 2. Lief is vir mense 3. Dien in die gemeente en 4. Die wereld kleur. Jy sal gedurig hierdie temas hoor by Kaleideo. Hierdie jaar wil ons jou help om in al vier hierdie areas te groei en sodoende jou verhouding met God te kan versterk en 'n verskil te kan maak waar jy ookal beweeg.
Duik saam met ons in!
|
|
|
|
Ons is 'n familie wat 'n hart het vir mense en waar ons graag jou wil help om in 'n beter verhouding met Jesus Christus te staan. Ons glo dat elkeen 'n volgeling van Jesus behoort te wees en daarom wil ons jou toerus om liewer vir God te wees, liewer vir mense te wees, jou Gawes te ontdek en dit uit te leef binne die gemeente en jou wêreld te kan kleur met Jesus Christus. Wanneer hierdie vier elemente in jou lewe gesien kan word sal mense regtig kan sê dat jy 'n volgeling van Jesus is. Ons Visie: Om ons wêreld te kleur met die wysheid van God. Kaleideo Glo dat Jesus Christus betekenis gee aan mense en letterlik hulle lewens kom inkleur. Ons droom is om soveel kleur aan die samelewing te gee dat elke mens doelgerig sal lewe. Soos die kleurspektrum baie fasette het wil hierdie gemeente op baie vlakke die lewens van mense raak. Ons erken ook hiermee dat elke mens sy eie unieke self is; 'n samestelling van baie kleure. Ons verstaan hierdie verskeidenheid en daarom is individue vir ons belangrik. Maak 'n verskil en kom kleur jou wêreld saam met ons! Johan Steyn |
Ons is besig om ons webtuiste op te gradeer! Jammer vir enige ongerief maar ons glo dit gaan vir jou 'n beter aanlyn ervaring wees wanneer ons weer terug is. Ons Aflaai Area werk egter nog 100% so jy kan nog al ons preke en die nuutste Kaleideo chat daar aflaai. Jy kan ook nog Gebedsversoeke aan ons stuur en weet dat ons saam met jou bid. Vir enige ander navrae kontak asb. intussen ons kantoor by (011) 391 2621 op weeksdae van 08:00 - 16:00
Dankie vir jou geduld.
Emille
Laai al Kaleideo se preke af. Kliek Hier .